Voordele

Eienaarskap deur werknemers het ’n lang, robuuste geskiedenis in die VSA. Dit is veral belangrik in ons huidige politieke en ekonomiese klimaat. Verskeie faktore help ook om gunstige geleenthede vir besigheidseienaars te skep wat hul besighede aan werkers wil verkoop deur middel van ’n koöperasiemodel.

Ons ervaar tans ’n sogenaamde silwer tsoenami. Die naoorlogse generasie begin nou af te tree, en diegene wat besighede besit, moet dink aan wie hulle gaan opvolg. Een opsie is om hul onderneming direk aan werknemers te verkoop. Regerings- en privaat hulpbronne help om sodanige verkope te bewerkstellig.

Beleidmakers probeer werknemerbesit te vergroot deur middel van wetgewing soos die VSA se Main Street Employee Ownership Act. Die wet is in 2018 gepromulgeer. Dit maak dit vir maatskappye moontlik om lenings van die VSA se Small Business Administration te gebruik om werknemersbesit te finansier.

Talle organisasies help ook met verkope aan werknemereienaarskap-modelle. Groepe soos die American Working Capital-beleggingsbank, die VSA se National Center for Employee Ownership, die ICA, die Sustainable Economies Law Center, and die prokureursfirma Jason Wiener adviseer oor en reël verkope in werknemereienaarskap-modelle soos werknemeraandeelhouer-programme (ESOP’s in die VSA), trusts in werknemerbesit en werkerkoöperasies.

Weens die skreiende inkomsteongelykheid is omskakeling na die koöperatiewe model veral betekenisvol. Werkerkoöperasies doen meer as ander eienaarskapsmodelle om werkers te bemagtig deur demokratiese bestuur en 100% werkereienaarskap. Om eienaarskap onder werkers te verdeel, verseker dat ’n breë basis van belanghebbers by die besigheid betrokke raak en daarin belê. Werkers neem verantwoordelikheid vir ondernemings wat hulle besit en bedryf. Onlangse navorsing wat in verskillende vaktydskrifte gepubliseer is, bv. die Harvard Business Review, dui op verhoogde doeltreffendheid en verbeterde prestasie en produktiwiteit van werkerkoöperasies.

Koöperasies het ook ander mededingende voordele bo ESOP’s en tradisionele besighede. Dit beskerm werkers teen uitbuiting deur middel van gedeelde bestuur en demokratiese besluitneming. Dit verbeter die deel van inligting binne ’n organisasie en lei tot beter reaksie op krisisse, danksy beter veerkragtigheid tydens ekonomiese afswaaie weens risikovermyding en gedeelde opoffering. Koöperasies versteur dikwels vraag-en-aanbod-beramings deur aan onvervulde behoeftes van gemeenskappe te voorsien. Dit kweek welwillendheid onder die gemeenskap en ’n unieke mededingende voordeel deur ’n verskeidenheid belanghebbers by die besigheidsmodel te betrek. Boonop lok koöperasies verbruikers wat maatskaplike kwessie op die hart dra en geld op ’n sulke ondernemings wil bestee.

Met die ekonomie wat al hoe meer aanlyn gerig is, bied platformkoöperasies aan besigheidseienaars ’n belangrike ingryping. Platformkoöperasies beskik oor al die beste praktyke van koöperasies, maar kombineer dit met die digitale ekonomie.

Met behulp van die platformkoöperasie-model kan besigheidseienaars aan hul werkers groter inkomstegelykheid, waardige arbeid, demokratiese besluitneming, gedeelde eienaarskap en billikheid in hul werkplek bied.

Who Else Benefits from Platform Co-ops