Visie

Te midde van ontevredenheid met kapitalisme het dit tyd geword om te vra: Hoe wil ons hê moet die nuwe ekonomie lyk? In plaas daarvan om die aanlyn ekonomie ter wille van enkeles te optimeer vir groei en korttermyn-wins, moet ons die digitale ekonomie optimeer ter wille van alle mense.


Platformkoöperasies is ’n tegnologies belowende alternatief vir platformkapitalisme, want dit is gegrond op koöperatiewe beginsels soos gesamentlike eienaarskap en demokratiese bestuur.

Stryd teen ongelykheid

Baie geleentheidswerk in sektore soos huisskoonmaak word gedoen deur mense wat vir hul klante onsigbaar is. Om dié rede het veral vroue van minderheidsgroepe minder byvoordele, laer lone en byna geen geleenthede vir betekenisvolle vaardigheidsontwikkeling nie. Hul regte as werkers het stagneer. Veral werkers van minderheidsgroepe word nie voldoende teen diskriminasie beskerm nie. Die ongelykhede van die ekonomie van tydelike werk vergroot die bestaande sistemiese onreg op grond van geslag, gestremdheid en etnisiteit.

By platformkoöperasies is daar ekonomiese billikheid, bekostigbare opleiding en demokratiese deelname aan die bestuur van die aanlyn besighede.

’n Meer demokratiese digitale ekonomie

Data-onttrekbare platforms, bv. programme wat romantiese afsprake help reël of programme waarmee mense na dinge soek, versamel voortdurend inligting wat deur slegs ’n klein hoeveelheid mense beheer word. Internetreuse versamel en beheer ontelbare datapunte oor gebruikers, en bied in ruil daarvoor géén deursigtigheid vir hoe hierdie inligting gebruik word, aan wie dit verkoop word, en vir watter doel nie. Ondanks die feit dat beleggers en die skeppers van data-onttrekbare platforms hope geld maak, het die gebruikers wat hul data aan daardie programme beskikbaarstel geen seggenskap oor wat daarmee gebeur nie.

Platformkoöperasies gee belanghebbers ’n sê in wat op die platforms gebeur.

Voordele

Platformkoöperasies het baie voordele, byvoorbeeld:

  • Hoërgehalte-werksgeleenthede
  • Produktiwiteitsbyvoordele
  • Is veerkragtiger as ander besigheidsvorme
  • Minder personeelwisseling
  • Meer beheer oor privaatheid en deursigtigheid
  • Billike betaling
  • Geleenthede om by die ekostelsel van koöperasies te baat
  • Beheer oor die rigting van die besigheid bly by werker-eienaars

Hoe platformkoöperasies u kan bevoordeel