Meer oor ons

Waar, wanneer, en hoe daar gewerk word, is besig om te verander. Vooruitgang in kunsmatige intelligensie, outomatisering en dataverwerking verskuif steeds die verantwoordelikhede van werkers na digitale stelsels. Hierdie ontwrigtings is dikwels onvoorspelbaar en gebeur steeds.

Om hierdie uitdagings te kan hanteer, het ons navorsing nodig wat nuwe visies oor ’n billiker toekoms van werk voorstel, bou en ondersoek. Een beginpunt is die platformkoöperasie-model, wat koöperatiewe beginsels na die digitale ekonomie oordra. Platformkoöperatvisme behandel die hoofoorsaak van sistemiese ongelykheid en bied in die nabye toekoms ’n moontlik oplossing vir probleme waarmee ons ekonomie en demokrasie te kampe het.

Die koöperatiewe digitale ekonomie is ’n vakgebied wat verdere navorsing benodig. Dit het raakvlakke met antropologie, politieke wetenskap, sosiologie, geskiedenis en ekonomie. Dit is ’n opkomende vakgebied wat nou verwant is aan arbeidstudies en koöperatiewe studies. In besigheidskole vorm hierdie studierigting deel van finansies, entrepreneurskap en organisatoriese studies. In regsfakulteite is die belangrikste vakgebiede bestuur en korporatiewe struktuur.

Die instituut erken dat daar leemtes in die navorsing is, en wil daarom aan voornemende en bestaande platformkoöperasies toegepaste en teoretiese kennis, opvoeding en beleidsontleding bied. Ons is daartoe verbind om nuwe visies vir ’n billiker toekoms vir arbeid te verwesenlik, gegrond op toepaslike navorsing en gedryf deur verbeeldingryke voorstelle. Aanvanklike navorsingsvrae fokus op verspreide bestuur, skaal, bemarking en aanvangsfinansiering. Die ICDE maak hierdie kennis toeganklik vir diverse gehore in innoverende formate.


Deur middel van hierdie navorsing bou die instituut kennis wat platformeienaarskap en demokratiese bestuur vir werkers en internetgebruikers bevorder.

Aktiwiteite 2019/2020:

  • Navorsingsgenootskapprogram
  • Jaarlikse kongresse
  • Werk saam met geaffilieerde fakulteit- en studentgenote in The New School in die VSA
  • Publikasie op Public Seminar
  • Konferensievoorleggings