Wat is ’n platformkoöperasie?

Platformkoöperasies is besighede wat ’n webwerf, miniprogram of protokol gebruik om goedere of dienste te verkoop. Die platform word gesamentlik deur werkers en gebruikers besit, en neem besluite op ’n demokratiese wyse.

Wat is ’n koöperasie? ’n Koöperasie is ’n outonome vereniging van mense wat vrywillig besluit het om ’n vereniging te begin, omdat hulle wil hê dat ’n onderneming wat hulle gesamentlik besit en wat demokraties bestuur word, in hul gemeenskaplike ekonomiese, maatskaplike en kulturele behoeftes en ambisies moet voorsien.

Wat is ’n platform? ’n Platform is ’n aanlyn program of webwerf wat deur individue of groepe gebruik word om met mekaar te skakel of om dienste te reël.

’n Tasbare alternatief

Platformkoöperasies is ’n alternatief vir platforms wat deur waagkapitaal gefinansier word of gesentraliseer is. By platformkoöperasies is belanghebbers belangriker as aandeelhouers.

Platformkoöperasies is gebaseer op beginsels soos die volgende: Breedgebaseerde eienaarskap, waarin werkers die tegnologiese kenmerke, produksieprosesse, algoritmes, data en taakstrukture van die aanlyn platform beheer; Demokratiese bestuur, waarin alle belanghebbers wat die platform besit, die platform gesamentlik beheer; Gesamentlike ontwerpsinsette, sodat alle belanghebbers by die ontwerp en skepping van die platform betrokke is, om te verseker dat die sagteware ontwikkel is volgens hulle behoeftes, vermoëns en ambisies; ’n Strewe na oopbron-ontwikkeling en oop data, sodat nuwe platformkoöperasies by die algoritmes van ander koöperasies kan baat.

Belanghebbers pleks van aandeelhouers

Platformkoöperasies bring billike, waardige werksomstandighede vir gebruikers en werkers tot stand en deel wins met almal, nie net enkeles nie.

Die beste van alle modelle

Daar bestaan al byna 200 jaar lank koöperasies. Digitale platforms, daarenteen, is iets nuuts. Platformkoöperasies kombineer die beste eienskappe van beide modelle in ’n kenmerkende, innoverende benadering.

’n Internasionale beweging

Daar kom elke dag nuwe platformkoöperasies by in verskillende sektore soos kindersorg, datavaslegging, stedelike herwinning en tuisdienste.

Group of women in India, sitting and smiling

Hoe platformkoöperasies u kan bevoordeel