Voordele

Waar, wanneer, en hoe daar gewerk word, is dinge wat verander. Vooruitgang in kunsmatige intelligensie, outomatisering en dataverwerking verskuif steeds die verantwoordelikhede van werkers na digitale stelsels, wat die rol van georganiseerde arbeid direk beïnvloed. Die VSA regering se Bureau of Labor Statistics voorspel dat deeltydse werkers teen 2020 43% van die arbeidsmag sal uitmaak. Vir werkers bied hierdie verskuiwing makliker toegang tot nuwe inkomstebronne.

Die verhaal van die “gedeelde ekonomie”, om jou eie baas te wees en self te kan bepaal watter ure jy werk, oorskadu die somber werklikheid van swak arbeidsregte, onvoldoende maatskaplike voordele, teistering en onvolhoubaar lae lone.

Vooruitgang in kunsmatige intelligensie sal waarskynlik lei tot meer diskriminerende praktyke op grond van geslag en ras. Ons moet nadink oor hoe data versamel en ontleed word en aan wie dit verkoop word. Platformkoöperasies is ’n kragtige nuwe manier om toenemende kommer oor dataprivaatheid die hoof te bied.

Ons stel platformkoöperasies voor as ’n lewensvatbare alternatief vir die ekonomie van tydelike werkers. Platformkoöperasies is demokraties beheerde besighede in koörporatiewe besit wat ’n webwerf, program of protokol gebruik om die verkoop van goedere en dienste te vergemaklik. Platformkoöperasies word besit en bestuur deur mense wat die meeste daarvan afhanklik is, naamlik werkers, webwerfbesoekers of ander.

Beleidmakers wat die verbeelding van hul kiesers wil aangryp, stel belang in die visie van platformkoöperativisme en die vooruitsig om ’n alternatiewe digitale ekonomie te skep. Die beginsels van platformkoöperativisme voldoen aan die hernieude oproepe vir ’n billiker ekonomie wat vir almal werk. Platformkoöperasies bied ’n duidelike politieke en maatskaplike visie vir die afsienbare toekoms.

Politieke partye en bewegings oor die wêreld heen begin die waarde van die platformkoöperasie-model besef. Die Duitse Sosiaal-Demokratiese Party (SPD) het onlangs platformkoöperativisme aanvaar as deel van sy politieke platform, en die Britse Arbeidersparty het dit deel van hul digitale demokratiese beleidsdokument gemaak.

Voordele van platformkoöperasies

  • ’n Meer gediversifiseerde digitale ekonomie en ’n alternatief vir monopolistiese tendense
  • Behoorlike betaling
  • Werkerbeheer oor arbeidsomstandighede
  • Laer mislukkingskoers ná die aanvangsfase
  • Groter veerkragtigheid tydens ekonomiese afswaai
  • Lojaliteit van werkers tot die platform
  • Minder personeelwisseling en minder afwesigheid in vergelyking met ander besighede.
  • Meer beheer oor privaatheid, danksy werkereienaarskap van platforms
  • Koöperasies is minder geneig om werk uit te kontrakteer
  • Koöperasies is meer produktief

Platformkoöperasies bou voort op die krag van koöperasies van oor die hele wêreld. Die Internasionale Koörporatiewe Alliansie beraam dat die grootste koöperasies wêreldwyd ongeveer $2,2 duisendmiljard se omset genereer en ongeveer 12% van die bevolking in G20-lande in diens het. Tot soveel as 10% van die wêreld se totale indiensneming geskied deur koöperasies. Volgens die Verenigde Nasies het die wêreld se 2,6 miljoen koöperasies in totaal meer as 1 miljard lede, plus $20 duisendmiljard in bates, met inkomste wat 4,3% van die wêreldwye BBP uitmaak. ’n Landwye opname in die VSA het getoon dat byna 80% van verbruikers eerder by koöperasies sou koop as hulle ’n keuse gehad het. Koöperasies is reeds ’n baie algemene, bloeiende besigheidsmodel binne die ekonomie.

Wêreldwye lidmaatskap aan koöperasies:

  • VSA: 11 328 koöperasies, 117 258 150 lede
  • Duitsland: 7 614 koöperasies, 52 453 000 lede
  • Brasilië: 6 603 koöperasies, 11 081 977 lede
  • Suid-Afrika: 22 623 koöperasies en soortgelyke groepe in die land
  • Australië: 1 485 koöperasies, 13 500 000 lede

Die Platform Cooperativism Consortium

Die Platform Cooperativism Consortium (PCC) in die VSA is ’n sentrum vir navorsing, gemeenskapsbou en voorspraak vir koöperasies wat digitaal oorskakel.

Ons ondersteun die groei en omskakeling van honderde platformkoöperasie-besighede, met duisende werker-eienaars oor die wêreld heen. Oor die afgelope paar jaar het ons geleenthede die lewens van meer as 7 000 mense geraak, en daar meer as 175 000 mense oor die hele wêreld het ons regstreekse beeldvoer gekyk. Die PCC werk saam met susterorganisasies en werkgroepe in Japan, Swede, Australië, Duitsland en Italië.

Organisasies wat met die Platform Cooperativism Consortium geaffilieer is, sluit in:

Center for Civic Media MIT, Oxford Internet Institute United States, Federation of Worker Cooperatives (USFWC), Berkman Klein Center for Internet and Society at Harvard University, The U.S. Solidarity Economy Network, Civic Hall, The Sustainable Economies Law Center, Dimmons.net, National Cooperative Business Association, IG Metall, Cooperative University College of Kenya, ICA group, FEBE Coop, P2P Foundation, SMart, Ver.di, The Institute for the Study of Employee Ownership and Profit Sharing at the School of Management and Labor Relations at Rutgers University, The National Domestic Workers Alliance (NDWA) Alexander von Humboldt Institute for Internet Society, Commons Transition Coalition, Business Council of Co-operatives and Mutuals (Australia).

Who Else Benefits from Platform Co-ops