Voordele

As iemand wat deel van die koöperatiewe beweging is, weet ’n mens die koöperasiemodel werk wel. Plaas- en produsentekoöperasies, kredietverenigings en ander kleinhandelkoöperasies het wêreldwyd aansienlike mag. Verskeie sektore van die ekonomie begin al hoe meer aanlyn te werk, en werkers soek maklike toegang tot tydelike werksgeleenthede. Die getal tydelike werkers sal na verwagting die komende paar jaar sterk toeneem. Die mark vir personeelagentskappe vir tydelike werkers word toenemend deur platforms beheer. Al hoe meer verbruikers vertrou op platforms vir aankope en dienste as ooit tevore. Platformmaatskappye is afhanklik van tydelike werk om oorhoofse koste laag te hou. Diensgerigte sektore van die ekonomie, soos vervoer, staan onder druk, en maatskappye soos Cabify, Uber en Deliveroo stel koöperasies in daardie sektore in die gevaar.

Die versnelling van die digitale ekonomie skep geweldige geleenthede, veral vir groot koöperasies, om meer werkers te werf en hulle meer betrokke te maak. Koöperasies het ’n geleentheid om die ekonomie op ’n meer demokratiese manier te herstruktureer. Werkers kan soos lede-eienaars begin voel en optree. Deur tydelike werkers by koöperasies te betrek, kan ons ’n meer menslike alternatief bied vir die dominante, uitbuitende platforms wat deur beleggers besit word. Tradisionele koöperasies kan hul ledetal uitbrei en hul lede meer betrokke maak deur platformkoöperasies te ondersteun.

Indien die koöperatiewe beweging wil gedy, moet dit tersaaklik wees vir die belange van jong koöperasiedeelnemers. Daarom moet daar geëksperimenteer word met platformkoöperasies. ’n Totale bevolking jongmense wil betrokke wees by besighede wat vir hul werkers sorg en die omgewing, maatskaplike geregtigheid en vrye, billike internet op die hart dra. Platformkoöperasies is die ideale ruimte hiervoor.

Leiers van oor die hele koörporatiewe beweging verstaan die voordele. Die Internasionale Koörporatiewe Alliansie (ICA in Engels) het in November 2017 ’n mosie goedgekeur om ’n beroep op koöperasiedeelnemers te doen om die potensiaal van platformkoöperasies te ondersoek. Die hoof van die ICA, Ariel Guarco, onderskryf die model as iets wat baie belangrik vir die digitale ekonomie is. Daar is ook ander voorspraakmakers vir koöperasies, bv. Howard Brodsky. Howard verstaan wat die mededingende voordeel van die model is: “Platformeienaarskap, hoëgehalte-dienste en billike werk is kragtige onderskeidende kenmerke wat vir klante saak maak en wat nie by enige ander soort besigheid in die digitale ekonomie beskikbaar is nie.”

Ons moet die belangrike beginsel van koöperasie gestand hou, naamlik dat koöperasies ander koöperasies moet ondersteun, en daarom moet tradisionele koöperasies leiding bied en hul kundigheid en bestaande strukture gebruik om die beweging te ondersteun. Talle platformkoöperasies bied innoverende besigheidsmodelle en bied daarom ’n groot geleentheid vir finansiële, maatskaplike en politieke ontwrigting en sukses. En koöperasies kan daarby baat deur ’n nuwe aanlyn netwerk van koörporatiewe digitale dienste en hulpmiddels te ontwikkel, en werksaamhede en doeltreffendheid in die sektor te verbeter.

Dit het tyd geword dat koöperasies betrokke raak.

Wie het baat by platformkoöperasies?